Tobi Jooste

Hy’s bloedjonk…kraakvars….splinternuut….supersexy…met ‘n stem wat jy moet beleef om te glo. Sy stem is soos volroom Italiaanse roomys op ‘n “special.” Diep, ryk en donker …..


Hy het als! Bekorende stem…die “looks”…en ‘n verhoogpersoonlikheid so warm soos vuur. Tobi se vertonings is “magic!” Hy swaai die heupe soos Ricky Martin en sing soos Helmut Lotti! Hierdie seun lig ‘n saal se dak met sy vuurwarm verhoogpersoonlikheid en sjarme!
Hierdie Karooklong met die fluweelstem, steel harte so ver hy gaan!!!

Waarskuwing!!!


Die kans dat hy elke vrou se hart gaan steel is groot, en ons neem geen verantwoordelikheid daarvoor nie. Op Las.

Tobi se program sluit van ligte afrikaanse musiek in al die pad deur tot by klassieke musiek. Definitief iets om te beleef! Dit word gewaarborg dat hy ‘n sukses van enige geleentheid sal maak, omdat dit al oor en oor bewys is deur sy profiel. Hy sing, dans, is seremoniemeester en laat jou skaterlag met sy geitige staaltjies.

Die bewys is daar. Tobi Jooste is hier om te bly. Met sy debuut album “Hartkamers” het hy die land aan die praat gehad. En nou is hy terug met ‘n nuwe splinternuwe CD en ‘n nuwe voorkoms. “Sprei jou Vlerke” is gelaai met treffers, iets vir almal! Definitief die volgende groot stem in ons land. Hierdie plaasseun KAN sing!!!


Jy hoef nie tweekeer te dink nie! Bespreek Tobi nou, en sit agteroor en sien jou funksie verander in ‘n sukses waaroor almal na die tyd sal praat!


Tobi Jooste is ‘n superster in wording!!!